Many Thanks to Chris Palk for all his efforts to make this day a success
Aan Mick, Michael, Alex, Theo, Andre, Daan, Kobus en Chris,
Baie dankie vir julle ondersteuning van gister se baie suksesvolle byeenkoms te Tarlton. Die Buicks het heelwat aandag getrek, soos gewoonlik. Maar dit neem harde werk en beplaning om 'n ou motor reg te kry vir so 'n byeenkoms en dan ver te ry vanaf Pretoria, Johannesburg en Brits. Ons waardeer opreg u ondersteuning en bystand.
Aan Mick en Michael - die geriewe op Tarlton was, soos altyd, puik. U grootmoedigheid om die renbaan en fasilitiete aan die Centenaryklub op 'n kostelose basis beskikbaar te maak, is ook deur almal hoog op prys gestel.
Nogmaals, baie dankie aan almal vir die moeite gedoen om die byeenkoms by te woon.
Met beste wense,
Buickklub van Suid- Afrika
Chris Palk
Ondervoorsitter
Pictures courtesy of Chris Palk